Your Recipe Blog

PERFEKTE ROMANY CREAMS

Recipe by
Cook: 14 minute | Servings: 70 koekies

PERFEKTE ROMANY CREAMS

“Lewer ongeveer 70 gesmeerde koekies.”

  • 4 koppies koekmeel
  • 4½ koppies klapper
  • ½ koppie “dutched” kakao (alcalized cocoa)
  • 2½ teelepels bakpoeier
  • 500 g botter, by kamertemperatuur
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • sout
  • 3 – 4 eiers, geklits
  • Water ganache:
  • 200 g donkersjokolade (54.5%)
  • 50 g water, net onder kookpunt
  • 30 ml dubbelroom jogurt

Meng droë bestanddele saam in ‘n skottel. Verroom botter, suiker, sout en vanilla. Werk dit goed deur droëmengsel. Maak mengsel verder aan met eier tot ‘n sagte deeg. Jy hoef nie al die eiers te gebruik nie. Die deeg moet net bymekaarkom. Maak balletjies van so 14 – 15 g elk. Plaas op bakplaat en druk plat. Bak by 175 °C (waaieroond) vir sewe minute. Draai panne en bak ‘n verdere sewe minute. Laat rukkie op bakplate staan om stewig te word. Koel af op rakkies.
Water ganache:
Giet water saggies oor sjokolade en wikkel met  ‘n spaan tot begin smelt. Mikrogolf vir 10 sekondes en wikkel weer. Die sjokolade moenie baie warm word nie, anders verloor dit tekstuur. Herhaal mikrogolf stap weer tot sjokolade gesmelt is. Voeg jogurt by en meng deur tot glad. Plak koekies opmekaar met’ n kwistige smeersel ganache en laat staan tot droog. Verpak in lugdigte houers.

Nota:
There are two major types of cocoa powders. Some beans are treated with alkaline solution to make them darker in color, and milder in flavor. Non alkalized, or natural cocoa tends to be lighter in color but less mellow in flavor.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5