PERFEKTE PLAATKOEKIES
Ons het nou ‘n koue dag na gister se reën en ek het toe sommer plaatkoekies gemaak.
Ek het hierdie reseppie ontdek op die internet en dit al ‘n paar keer gemaak.
Dis heerlik en lig en boonop goedkoop. Ek het heuning gebruik.
- 250 ml melk
- 2 eiers
- 3 eetlepels suiker
- 1 ½ eetlepel gesmelte margarien
- 1½ koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ⅓ teelepel sout
Meng eiers, suiker en melk deeglik.
Klits margarien by.
Voeg koekmeel, sout en bakpoeier by en meng deeglik.
Moenie teveel meng nie.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n plat pan en vee goed uit met papierhandoek.
Skep 20 tot 30 ml deeg in verhitte pan.
Bak teen matige hitte.
Sodra lugblasies bo-op is, draai om.
Bedien met botter, stroop, heuning of konfyt.
Resep lewer so 18 plaatkoekies met die 30 ml hoeveelheid deeg.
Resep en foto: Hannie Steyn