PERFEKTE PANNEKOEK
Hierdie klein pannekoekies vanaand wil ek bietjie dikker hê en het dus nie die ekstra water bygevoeg nie. Ek was te lui om waffels te bak maar was lus vir roomys.
- 4 koppies water*
- 1 koppie olie
- ¼ koppie witasyn
- 4 eiers
- 4 koppies koekmeel
- ½ teelepel sout
- 4 teelepels bakpoeier
Meng water, olie, asyn en eiers goed saam.
Voeg dan koekmeel en sout by, meng goed deur en laat staan ‘n halfuur.
Voeg bakpoeier by en klits goed.
Bak in warm kleefvrye pan aan albei kante tot gaar.
*Indien jy dun pannekoeke wil hê, voeg nog 1 koppie water by en meng goed.
Bedien met roomys.
Resep en foto: Elsabie Templeton
Dis die beste resep ooit. Ek maak maalvleis vulsels en ook spinasie en feta. Vir poeding maak n lemoensousie en ook dan met roomys.
Dankie Elba, deel jou lemoenstropie se resep met ons asb?
Mooi dag