Your Recipe Blog

“PEPPERMINT CRISP” TERT MET ROOM

“PEPPERMINT CRISP” TERT MET ROOM

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 ½ blikkies Nestle caramel treat mint (kondensmelk)
  • 500 ml room
  • 1 groot “Peppermint Crisp” sjokolade
Klits die room styf.
Voeg Nestle caramel treat by en meng deeglik.
Rasper die helfte van die  Peppermint Crisp sjokolade en voeg by mengsel, meng goed deur.
Pak Tennisbeskuitjies op die bodem van die tertbak.
Skep die mengsel in die bak oor die beskuitjies.
Rasper die res van die beskuitjies en sjokolade saam en strooi oor die mengsel.

Laat staan in yskas om koud te word en goed te stol.

Resep en foto: Lenie van Heerden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page