Your Recipe Blog

PEKANNEUT “BRITTLE”

PEKANNEUT “BRITTLE”

Ek het nou net die heerlike pekan brittle gemaak.
Dit is so maklik en heerlik veral kinners sal dit geniet maar ek is mos ook ‘n kinners.

  • 2 groterige koppies witsuiker
  • 2 koppies gebreekte pekanneute, nie te fyn nie maar lekker grof
  • 1 teelepel sout
  • ¾ koppie water

Los die suiker sout en water op in ‘n kastrol of dieperige pan.
Verhit dit vinnig op hoë hitte en roer net dan en wan.
Hou dit deurentyd dop en sodra die mengsel begin amberkleurig raak voeg dadelik die neute by en meng dit vinnig in.
Verwyder van die hitte en giet dit onmiddelik in ‘n plat gespuite oondpan en krap vinnig tot omtrent 8 tot 10 mm dik, pasop net die mengsel is baie warm.
Laat dit afkoel tot dit koud is en verwyder uit die pan en breek dit op in happie grootte stukke en bêre as dit solank hou in ‘n lugdigte houer nie in die yskas nie.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page