Your Recipe Blog

PEER SORBET

PEER SORBET

  • 4 medium-grootte ryp pere
  • ¾ koppie water
  • ¼ koppie appelsap
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • groen voedselkleursel

Skil pere en sny die stronk uit. Sny dan op in skywe. Verhit water, suiker en vanilla geursel totdat al die suiker opgelos het en voeg dan die peerskywe by. Kook tot hul begin glaserig lyk, skep uit en hou eenkant.
Kook suikermengsel verder tot ‘n stropie begin vorm. Haal van hitte af en laat afkoel.

Sit die peerskywe in ‘n voedselverwerker om ‘n puree te vorm. Meng die suurlemoensap, appelsap en voedselkleursel by.
Giet die afgekoelde stropie by die mengsel en meng alles goed deur. Plaas mengsel in ‘n bak wat kan toemaak en sit in vrieskas vir 4 ure. Skraap gevriesde sorbet los met ‘n vurk en plaas weer terug in vrieskas vir ongeveer ‘n uur.

Haal sorbet so 10 min voor bediening uit vrieskas en skep op met ‘n roomyslepel of eetlepel.

Nota:
Ek het die pere netso rou gelos, nog met skil aan, stronk uit gesny en die pere in kwarte verdeel, toe in die voedselverwerker gesit. Netso lekker uit gekom.

Resep en foto: Chantàl Theron

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page