PATATAS BRAVAS
Spanse braaiaartappeltjies met pikante rissiesous.
- 6 medium aartappels, geskil en in 2 cm blokkies gesny
- 3 eetlepels olie vir diepbraai of lugbraaier
- taco spice of Texan 6 gun grill
- Sous:
- 1 ui, gekap
- 1 knoffeltoontjie, gekap
- 1 – 3 rissies, gekap, verwyder pitte as jy nie van te sterk hou nie
- 1 klein pakkie tamatiepasta
- 2 plat eetlepels suiker
- 4 eetlepels asyn
- 1 blikkie gekapte tamatie
- sout en peper na smaak
Kook aartappels in soutwater vir 10 minute. Spoel onder koue water en droog af.
Braai in olie of lugbraaier tot liggoud. Geur met spice.
Sous:
Braai ui in bietjie olie tot glasig. Voeg knoffel en rissie by vir nog 1 minute.
Voeg die tamatiepasta en suiker by en roer 1 minute om te karameliseer.
Voeg asyn by en roer tot byna verdamp. Ontglans.
Voeg die blikkie tamatie en ¼ blikkie water by en prut tot verdik. Geur na smaak.
Bedien aartappels op sous en garneer met suurlemoenskywe en vars koljanderblare.
Njamm bykos vir die winterkoue!
Resep en foto: Stef Conradie