PATAT ROSTI`S EN HEUNING MOSTERD HOENDERFILETTE
- 2 oranje patats (20 cm), geskil
- 5 ml Italiaanse speserye
- 1 rissie, ontpit en fyn opgesny
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 eier, geklits
- 30 ml bruismeel, gesif
- olyf olie, om in te bak
Rasper die patat en geur met sout en peper. Laat staan 20 minute en dreineer die oortollige vloeistof uit die patat.
Skep in ‘n mengbak en voeg die res van die bestanddele by. Meng goed deur.
Verhit die olyf olie in ‘n pan en skep handvol hopies in.
Druk effens plat en braai beide kant op matige hitte tot brosbruin.
- 2 hoenderfilette
- 15 ml Dijon mosterd
- 15 ml heuning
- 15 ml Balsamiese asyn
- 5 ml gemaalde swartpeper
- olyfolie vir braai
Meng die bestanddele goed. Marineer die hoenderfilette vir ten minste 1 uur in die marinade.
Verhit olyfolie in ‘n pan en braai die filette op matige hitte vir so 3 minute aan ‘n kant.
Skep van die pansappe oor tydens die proses.
Bedien saam met die patat rosti’s en slaai van jou keuse.
Resep en foto: Johan Rossouw