Your Recipe Blog

PATAT POFFERTJIES

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 48

PATAT POFFERTJIES

  • 2 kg patats gekook, fyngemaak en afgekoel
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel sout
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 2 teelepels karamel geursel
  • 4 eiers
  • Sous:
  • 2 koppies suiker
  • 1 eetlepel botter
  • ½ koppie water

Meng die eiers, suiker, vlapoeier, sout, bakpoeier en karamel geursel saam met die patats.
Meng die meel een koppie op ‘n keer by. Deeg moet nie te styf wees nie – soos vir kolwyntjies.
Vul gesmeerde kolwyntjiepanne driekwart vol.
Bak teen 180°C vir 30 minute of tot goud bruin.
Kook intussen al die bestanddele vir die sous saam tot ‘n taai stroop.
(Kaneel kan ook by stroop gemeng word as jy daarvan hou.)
Die poffertjies gaan nie opgepof bly nie en die toetspen sal nie droog uitkom nie.
Dit is gaar as dit goudbruin is, die patat hou dit klam.
Sit in opdienbak, giet die warm stroop oor en bedien.

Resep en foto: Zonia Visser

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page