Your Recipe Blog

PASTASLAAI MET HOENDER

PASTASLAAI MET HOENDER

Heerlike pastaslaai met hoender. Jammer maar manlief het al uitgeskep voor ek die foto geneem het. Ek het ook die resep verminder omdat ons net 2 mense is. Die slaai is op sy lekkerste as dit die dag voor die tyd gemaak word.

  • 6 of meer of minder hoenderborsies, gaar gekook in soutwater, snipper in fyn stukkies
  • 500 g skulpiesnoedels (of enige ander noedel), gekook tot gaar in soutwater
  • 2 groot uie, fyngekap
  • 2 groot groen soetrissies, fyngekap
  • 125 ml kookolie
  • 125 ml witasyn
  • 250 ml tamatiesous
  • 200 ml suiker of minder soos verkies
  • 5 ml borrie
  • 15 ml kerriepoeier

Meng alles goed saam en plaas in yskas oornag.
Hierdie resep voer heelwat mense.

Resep en foto:  Francis Schoeman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page