PASTA MET ‘N TWIST
- 500 g Gnocchi pasta
- 1 blikkie boeliebeef
- 1 tot 2 tamaties
- sout en peper na smaak
- gerasperde kaas
- Witsous:
- 25 ml margarien
- 25 ml koekmeel
- 250 ml melk
- 2 ml sout
Kook die pasta tot amper heel gaar.
Sny die beef in blokkies en meng met die pasta.
Plaas dit in ‘n oondvaste bak.
Nota:
In die plek van beef kan jy ook wors gebruik.
Ek gebruik soms die wors wat oorgebly het as ons gebraai het.
Witsous:
Skakel die stoofplaat aan op matige hitte. Plaas die kastrol daarop en smelt die margarien.
Roer die koekmeel daarby. Voeg die sout en die melk by voordat die koekmeel bruin word.
Roer die meel- en melkmengsel aanhoudend met die houtlepel tot dit dik word en kook.
Skep nou die witsous oor die pasta in die bak.
Sny die tamaties skywe en plaas bo-op die pasta met witsous.
Rasper kaas oor na smaak.
Bak op 180ºC tot kaas begin verbruin en die gereg deur warm is.
Resep en foto : Letitia Henstock