PASTA BALLETJIES
- ½ pak spaghetti, opgebreek
- ½ koppie roomkaas
- 1 eier
- ½ koppie gerasperde kaas
- 1 koppie broodkrummels
- 3 eetlepels pietersielie
- ½ gerasperde ui
- sout, peper en Aromat, na smaak
- olie om in te bak
Kook pasta (plus minus 10 min) tot sag. Meng roomkaas en eier goed saam en meng met die pasta.
Voeg broodkrummels, gerasperde kaas, uie en speserye by en meng deur.
Skep eetlepels vol in jou hand en maak balletjies.
Sit balletjies in ‘n bord en plaas in yskas vir plus minus 15 – 20 minute.
Bak in warm olie tot goudbruin. Draai kort, kort om. Plaas op kombuis papier om te dreineer.
Dien op saam met gegeurde maalvleis.
Resep en foto: Anel Engelbrecht Portela