Your Recipe Blog

PAPTERT MET N KINKEL

PAPTERT MET N KINKEL

Ek het nie my pap voor die tyd gaargemaak nie. Hier volg die resep soos ek dit gemaak het.

  • Papmengsel:
  • Meng die volgende saam:
  • 2 koppies mieliemeel
  • 250 ml melk
  • 1 eier
  • 2 blikkies tamatie en knoffel
  • Braai die volgende saam:
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 x 250 g sampioene, gekap
  • 1 kg spinasie, gekap
  • 500 ml gerasperde kaas

Skep die helfte van die mieliemeelmengsel in ‘n voorbereide oondbak.
Strooi van die kaas bo-oor.
Skep die spinasiemengsel bo-oor.
Skep die res van die mieliemeelmengsel bo-oor.
Strooi die res van die kaas oor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 60 min teen 180ºC.

Foto en resep: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5