Your Recipe Blog

PAPAJA BROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 min

PAPAJA BROOD

Ek is geen “Mastersjef” nie, solank dit reg proe, pla dit my min hoe dit lyk. My man glo mens eet alles met vla.

  • 2 koppies bruismeel
  • 2 eiers
  • 125 g sagte botter
  • ¾ koppie bruinsuiker
  • 1 papaja, fyn gemaak (±350 g)
  • Opsioneel:
  • ½ koppie macadamia of pekanneute

Voorverhit oond tot 150 ºC.
Klits die botter en suiker saam tot lig en donsig.
Klits ‘n eier op ‘n slag by die mengsel.
Meng 1 koppie meel by die mengsel, meng goed en voeg die Papaja by.
Meng en voeg die ander koppie meel by.
Meng neute by die mengsel, opsioneel.

Skep in gesmeerde muffin of broodpannetjie.  Plaas in die oond vir ongeveer 50 min, of druk ‘n stokkie in en as dit skoon uitkom is dit reg.

Bedien met vla indien verkies.

Notas:
Resep sê om oorspronklik die mengsel vir 1 uur tot 1 uur 15 min in die oond te plaas.
Ek sit my mengsel in ‘n muffin pan of klein brood pannetjie en 40-50 min is dan genoeg tyd om dit perfek te laat uitkom.

Dit loop soos stroop as mens botter saam dit voeg vir bediening!
Dit kan koud bedien word, maar is veels lekkerder warm.
Hou ongeveer so week in die yskas.

Die resep is baie klam, so dit maak die mengsel lekker verby aangesien dit nie regtig enigsins droog word nie.

Foto en resep:  Madélynn Janse van Rensburg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page