Your Recipe Blog

PAPAJA, APPEL EN LEMOENKONFYT

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 45 minute | Servings: ongeveer 900 ml konfyt

PAPAJA, APPEL EN LEMOENKONFYT

Lyk my die tyd van die jaar kan mens nie lekker papajas koop nie. Ek het ‘n groot papaja gekoop en hy het 2 weke gelê, het mooi geel geword maar hard gebly en toe ek hom sny het hy so bleek vleisie gehad met GEEN smaak. Ek gooi nie graag enige kos weg nie en toe besluit ek dan kook ons maar konfyt met wat ons het. Mensig julle kan dit maar probeer, dit is heerlik, die kleur van appelkoosfonfyt maar so effense pynappelsmaak.

  • ongeveer 780 g papaja
  • 2 Granny Smith appels
  • 1 lemoen (ek het Kara Kara gebruik)
  • 900 g suiker
  • 30 ml suurlemoensap

Skil al die vrugte, verwyder alle pitte en sny in klein blokkies.
Sit die vrugte in ‘n pot saam met die suiker en suurlemoensap.
Roer deur en laat staan ‘n rukkie sodat die suiker begin smelt.
Sit op baie stadige hitte en roer gereeld tot die suiker heeltemal opgelos is.
Draai hitte op en kook oor matige hitte vir ongeveer 45 minute, roer gereeld en pasop vir oorkook.
Sit ‘n piering in die vrieskas.
Haal die pot van die hitte af en met ‘n stokmenger maak al die stukke in die pot fyn.
Toets die konfyt op die koue piering en indien stolling reg is, bottel in warm voorbereide flesse, of kook nog ‘n rukkie om stolling te verbeter, pasop vir aanbrand.
Sodra die stolling reg toets, bottel warm.
Seël dadelik en laat afkoel.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5