PAP EN WORS TERT
- 500 g wors
- reeds gaar stywe pap
- 2 blikkies tamatiesmoor
- kruie, sout en pepper na smaak
- 1 ui opgesny
- suiker, opsioneel
Skep pap in onderkant van ‘n oond bak.
Braai wors net aan een kant, nie tot gaar nie.
Haal uit die pan en gebruik dieselfde pan en sous om tamatiesmoor met jou kruie, sout en pepper in te verhit.
Plaas ‘n laag uie oor die pap voordat jy die tamatiemengsel oor die pap giet.
Plaas nou die half gaar wors bo-op.
Bak vir ongeveer 25 minute by 180ºC
Nota:
Ek het so klein bietjie suiker by die tamatiemengsel gegooi.
Resep en foto: Pikkie Langenhoven