PANSMEER (VERVANG SPRAY AND COOK)
Ek maak die pansmeer, probeer dit gerus jy sal nie spyt wees nie. Werk beter as spray en cook het ek gevind.
- 1 koppie botter, gesmelt nie warm nie
- 1 koppie olie
- 1 koppie koekmeel
Klits alles saam, plaas in ‘n houer en bere in yskas.
Haal so 5 min voor jy panne gaan smeer uit yskas en verf dit met ‘n kwassie in jou panne.
Werk 100%.
Geplaas deur René Baxter
Foto: Meisie van der Colff
Dankie vir die Resep waardeur dit ten seerste
hoe lank hou die mengsel in the yskas asseblief
More Gene, tot dit opgebruik is, letterlik maande.