PAMPOENTERTJIES MET KARAMELSOUS
- Maak fyn:
- 2 koppies butternut, gekook in knippie sout en suiker soos na jou smaak
- Meng by:
- 3 eiers
- ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ koppie ultra vla
Skep in voorbereide kolwynpannetjies.
Bak so vir 20 min of tot gaar teen 180°C.
Haal die tertjies uit en pak op ‘n opdien bord.
- Karamelsous:
- 1 koppie suiker
- ¾ botteltjie room
Sit suiker in ‘n swaarboom pot en laat smelt oor lae hitte tot suiker ‘n ligbruin kleur het.
Pasop vir brand.
Giet room bietjie vir bietjie by en roer goed met ‘n “wisk” tot al die room bygevoeg is.
Kook net deur.
Skep oor die pampoentertjies.
Resep Marian van Deventer
Foto: Elna Erasmus