Your Recipe Blog

PAMPOENROL IN STROOP

PAMPOENROL IN STROOP

Adam Cloete – Ek het hierdie resep gisteraand probeer, maar met oranje Jewel Patats in plaas van pampoen. Ek het ook nie konfyt oorgesmeer nie om dit minder soet te kry. Ek het geen idee hoe dit veronderstel is om te kom nie en myne het effens gesak na dit effens afgekoel het. Lekker as so ‘n bykossie saam met ‘n boere bredie en lekker slaai.

  • 250 g koekmeel 450 ml ongesif afgemeet
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 125 g botter/margarien
  • 2 eiers geklits
  • melk indien nodig
  • koue gaar oorskiet pampoen
  • fyn appelkooskonfyt
  • Stroop:
  • 375 ml kookwater
  • 250 ml witsuiker
  • 25 ml margarien
  • knypie gemaalde neutmuskaat

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Frummel die margarien met vingers in die meelmengsel in.
Voeg eiers by en meng tot stywe deeg wat maklik kan uitrol.
Voeg ‘n bietjie melk by indien te styf.
Rol die deeg in ‘n groot reghoek uit.
Smeer fyn pampoen op die deeg.
Rol die rol soos ‘n rolkoek op.
Plaas in ‘n groot langwerpige gespuite oondvaste bak of pan.
Smeer appelkooskonfyt bo-oor.
Meng die bestanddele vir die stroop.
Giet versigtig oor die rol.
Bak 1 uur in ‘n voorverhitte oond by 180ºC.
Drup stroop oor gedurende bakproses.

Resep: Amanda Struwig
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page