PAMPOENPOFFERS MET STROOP
- 3 koppies gaar pampoen
- 2 eiers
- 1 teelepel sout
- 2 koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 500 ml olie
- Stroop:
- 2 koppies suiker
- 1 koppie water
- 2 hoogvol eetlepels botter
- knippie sout
- 2 teelepels Maizena, of na smaak
Meng die pampoen, eiers en sout saam. Sif meel en bakpoeier saam en meng saam met die pampoen. Verhit olie en skep desertlepels vol pampoen in die warm olie, braai bruin, nie te donker. Dreineer poffers op papier handdoek en hou warm.
Verhit die stroop bestanddele, behalwe die Maizena en bring tot kookpunt.
Meng die Maizena met bietjie water tot ‘n pasta en roer by die stroop in.
(Indien jy die stroop dikker verkies, roer nog Maizena by)
Pak poffers ‘n enkel laag in ‘n oondbak, skep die stroop oor en hou warm tot bedien.
Dis nou vingerlek lekker!!!
Nota: Louise Groenewald
Jy het omtrent 800 g rou pampoen nodig vir drie koppies gaar pampoen. Ek het al honderde pampoenkoekies vir spyseniering met hierdie resep gebak. Ek maak nie die stroop nie (net kaneelsuiker) en vlakbraai dit net in ‘n bietjie olie. Hou hitte redelik laag, pampoenkoekies brand maklik.
Resep: Vriendin Marie – Rina Kleinhans
Foto: Freda Theron – ek bak vir die vrieskas, so ek het hulle vir eers net in stroop gedruk soos koeksisters, as ek hulle nou verdeel en verpak sal ek die res van die stroop oorskep.
45 poffertjies uit gekry.