PAMPOENKOEKIES MET SOUS
- 500 ml gaar pampoen
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- bietjie sout
- 1 eier
- olyfolie
- Sous:
- 15 ml botter
- 375 ml suiker
- 200 ml melk
- 15 ml vlapoeier, kan ook Maizena gebruik
- 175 ml water
Maak die pampoen fyn. Voeg die meel, bakpoeier, sout en goed geklitste eier by. Meng goed.
Skep lepelsvol in ‘n pan met bietjie warm olie en bak tot gaar.
Pak op kombuispapier om die ekstra olie te dreineer.
Wanneer almal klaar gebak is, pak die koekies in ‘n groot opdienskottel.
Vir die sous:
Bring die botter, suiker en melk tot kookpunt op die stoof in ‘n pot. Meng die vlapoeier en water en roer stadig by die warm melk in. Sodra dit kookpunt bereik, draai hitte af, kook ‘n rukkie sodat sous goed verdik en gaar word.
Giet die warm sous oor die koekies en bedien.
Resep geplaas deur Arret Pretorius
Foto: Arret Pretorius