Your Recipe Blog

PAMPOENKOEKIES MET KARAMEL

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 44 koekies

PAMPOENKOEKIES MET KARAMEL – UIT DIE BOEKE LEKKER

Hier is iets wat heerlik is en net reg vir Sondag se heerlike familie maaltyd. Ek het die resep by ‘n vriend gekry en dit is ongelooflik lekker, hoop julle geniet dit baie.

  • Sif die volgende saam en hoe eenkant:
  • 210 g koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 90 g suiker
  • knippie sout
  • Koekies:
  • 225 g ricotta, geklits
  • 4 – 5 eiers, geklits (4 jumbo’s of 5 kleiner)
  • 250 g koue fyn pampoen
  • ½ suurlemoen se skil, fyngerasper
  • 2.5 ml vanilla geursel
  • olie vir diep braai
  • Karamel:
  • ½ koppie suiker
  • 62.5 ml water
  • 125 ml room
  • 3 teelepels vanilla geursel
  • knippie sout

Meng die eiers, ricotta, vanilla en pampoen en meng met die droë bestanddele.
Bak lepelsvol in warm olie tot goudbruin en gaar.

Nota:
Bietjie meer as teelepel maar nie eetlepels vol nie, okkerneut grotte is perfek
Dreineer op papier en sprinkel baie liggies met sout.
Plaas op jou opdienbord.
Drup die karamel oor.

Karamel
Smelt die suiker in die water en laat kook. “Swirl” die pot gereeld. Karmeliseer die suiker tot neutbruin.
Giet die room, vanilla en sout by terwyl jy die pot voortdurend “swirl”, dit sal lyk of dit hard word maar hou net aan tot al die karamel weer gesmelt het.
Giet oor pampoenkoekies en bedien.

Resep geplaas deur en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page