Your Recipe Blog

PAMPOENKOEKIES MET APPEL TWIST

PAMPOENKOEKIES MET APPEL TWIST

Ek het so bietjie gaar pampoen gehad en wou pampoenkoekies maak, toe probeer ek hierdie en dit is regtig heerlik en ek het 8 koekies gemaak uit my bietjie pampoen.

  • 1 klein wortel, opgesny en sag gekook net in water met bietjie sout, druk fyn wanneer gaar
  • ± ¾ koppie gaar soet pampoen (met gemmer in)
  • ½ klein appeltjie, geskil en gerasper
  • 1 eier
  • ± ½ tot 1 koppie bruismeel om ‘n redelike stywe deeg te maak
  • kaneelsuiker, na smaak
  • knippie sout
  • olie vir gaarmaak

Meng al die bestanddele en bak lepels vol in vlak olie tot gaar.
Pak op kombuispapier om die olie bietjie te absorbeer.
Mens kan dit ook in ’n muffin pannetjie skep en in die oond bak by 180°C tot gaar, ongeveer 15 – 20 min.
Regtig baie lekker.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page