PAMPOENBREDIE
- 2 groot uie, gekap
- 1 koppie water
- 4 naeltjies
- 3 wonderpeperbessies
- 3 eetlepels kookolie (ek het om en by 6 gebruik)
- 1 kg skaap/lamsvleis
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 5 cm stuk gemmerwortel, fyngedruk
- 4 stukkies pypkaneel
- 2 kg pampoen, geskil en in blokkies gesny
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 3 eetlepels botter
- sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
- gekapte grasuitjies vir garnering
Plaas die uie, naeltjies en wonderpeper in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
Laat prut tot al die water weggekook is.
Voeg die kookolie by en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die vleis, knoffel, gemmer en kaneel by en stowe by medium hitte tot die vleis ‘n ryk bruin kleur het en amper gaar is.
Voeg die pampoenstukke by en roer, sorg dat die pampoen en vleis goed gemeng is.
Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat die bredie prut tot die pampoen sag is.
Teen hierdie tyd behoort die vleis al van die been te val.
Voeg die bruinsuiker, botter, sout en peper na smaak by.
Garneer met gekapte grasuitjies en sit voor saam met vars gekookte rys.
Foto: Petré van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld












