Your Recipe Blog

PAMPOENBREDIE

PAMPOENBREDIE

Foto: Petré van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld

  • 2 groot uie, gekap
  • 1 koppie water
  • 4 naeltjies
  • 3 wonderpeperbessies
  • 3 eetlepels kookolie (ek het om en by 6 gebruik)
  • 1 kg skaap/lamsvleis
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 5 cm stuk gemmerwortel, fyngedruk
  • 4 stukkies pypkaneel
  • 2 kg pampoen, geskil en in blokkies gesny
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 3 eetlepels botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • gekapte grasuitjies vir garnering
  • Plaas die uie, naeltjies en wonderpeper in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
  • Laat prut tot al die water weggekook is.
  • Voeg die kookolie by en soteer die uie tot goudbruin.
  • Voeg die vleis, knoffel, gemmer en kaneel by en stowe by medium hitte tot die vleis ‘n ryk bruin kleur het en amper gaar is.
  • Voeg die pampoenstukke by en roer, sorg dat die pampoen en vleis goed gemeng is.
  • Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat die bredie prut tot die pampoen sag is.
  • Teen hierdie tyd behoort die vleis al van die been te val.
  • Voeg die bruinsuiker, botter, sout en peper na smaak by.
  • Garneer met gekapte grasuitjies en sit voor saam met vars gekookte rys.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page