Your Recipe Blog

PAMPOEN POFFERTJIES

Recipe by
| Servings: 40 poffertjies

PAMPOEN POFFERTJIES

Die poffertjies is die gewone pampoenkoekie se wulpse niggie. Goudbruin, soet en stroperig. Groente was nog nooit so lekker nie!
  • Poffers:
  • 750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk
  • knippie sout
  • 2 eiers, geklits
  • 500 ml bruismeel
  • olie, vir diepbraai
  • Stroop:
  • 500 ml witsuiker
  • 250 ml water
  • 125 ml melk
  • 45 ml botter
  • knippie sout
  • 10 ml mielieblom
  • 15 ml koue water
  • 5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoes, sout, eiers en meel saam. Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm.
Vir die ronde balletjies op die foto het ek ‘n “cake pop” masjientjie gebruik en die deeg daarin geskep en laat gaar word.

Vir die stroop:
Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies. Sit warm voor.

Nota:
Ek het lekker Amarula by daai sousie gevoeg. Lekker….Jaaaaa ….ek weet die gadget is vir cake pops, maar hy maak die poffertjies so perfek rond, mens wil amper nie eet so mooi! Ek het vanaand die poffertjies met spinasie en tuisgemaakte steak en nierpastei en opgejazde parkstasie sous en tjips vir aandete voorgesit.!

Resep en foto:  Maryna Viljoen Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page