OUTYDSE WORSROLLETJIES PROE HAPPIES
- 1 ui, fyn gekerf
- klont botter
- knerts olyfolie
- 1 kg maalvleis
- 2 aartappels, fyn gesnipper
- 500 ml water
- 2½ teelepels sout
- swartpeper, na smaak
- koljander, na smaak
- geklitste eier
- skilferkors deeg
Braai ui in botter en olyfolie, voeg maalvleis by en braai tot bruin, snipper aartappels in (klein en fyn sodat dit kan inkook in vleis en ook om te help bind). Kook dit nou saam met water, sonder deksel, en gooi sout, peper en koljander by. Kook tot die aartappels sag en fyn gekook het, en water weggekook is.
Laat mengsel koud word,
Rol die deeg uit en plaas die koue maalvleismengsel op die deeg, rol op om lang rolletjies te vorm, sny in klein rolletjies (sien foto 2), smeer met geklitste eier en bak 30-40 minute op 180 °C.
Resep en foto: Chantel Geldenhuys