OUTYDSE SPESERY SOETKOEKIES
Adam Cloete
Dit was die eerste keer dat ek amper 100% tevrede is met soetkoekies wat ek gebak het. Die resep se naam moet eintlik outydse spesery soetkoekies wees, want dit is eintlik wat dit is en wat ek al lank voor soek. Ek het dit suikervry gebak met Xylitol, sodat my broer lekker saam kan eet.
- 6 koppies koekmeel
- 2½ koppies suiker
- 500 g margarien
- 4 eiers
- 1½ eetlepels brandewyn, opsioneel
- 1 teelepel fyn kaneel
- 1 teelepel fyn naeltjies
- 1 teelepel fyn gemmer
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel kremetart
Sif droë bestanddele saam, voeg suiker by en meng goed. Vryf die margarien met vingerpunte in meelmengsel in.
Voeg brandewyn en geklitste eier by en meng dit tot dit ‘n stywe deeg vorm.
Laat die deeg oornag in die yskas staan.
Rol uit en druk af.
Bak dit 10-15 minute by 180ºC.
Nota:
Dit is baie belangrik dat jou margarien nie te hard is nie en dat jy met jou hande werk want die hitte van jou hande bring die deeg bymekaar en hou die margarien sag. Daar is nie te min vloeistof in die mengsel nie, werk hom maar net met die hande tot hy reg is. As jy baie sukkel kan jy jou hande natmaak en dan weer deur die deeg werk.
Resep geplaas deur Rina Muller
2de foto: Adam Cloete en kommentaar
Foto: Renette van der Merwe