OUTYDSE SPESERY KOEKIES
- 300 g koekmeel
- 7 ml koeksoda
- 5 ml fyn gemmer
- 3 ml fyn kaneel
- 200 g botter of margarien
- 200 g bruinsuiker
- 1 eier
- 60 ml heuning of stroop
- 12.5 ml strooisuiker
Sif meel, koeksoda en speserye saam. Room botter en suiker saam.
Voeg eier by en klop alles goed. Voeg heuning /stroop by en meng.
Roer droë bestanddele by en meng goed.
Vorm klein balletjies.
Doop die helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker.
Plaas met suikerkant na bo op ‘n gesmeerde bakplaat, druk effens plat met ‘n vurk.
Bak 12 – 15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC.
Foto: Adam Cloete