OUTYDSE SOETWORTELS MET VLASOUS
Wie van julle ken dit? Sondagwortels! Die resep waarmee ek grootgeword het, en vandag nog nét so maak – presies soos my ma en Ouma Lizzie dit gemaak het!
- 450 – 500 g wortels
- 1 teelepel suiker
- bietjie water
- 1 kaneelstokkie
- 1 opgehoopte teelepel vlapoeier
- 2 teelepels suiker
- 2 eetlepels koue water
- 1 teelepel botter
- vars of droë pietersielie
Plaas die wortels, 1 teelepel suiker en kaneelstokkie in ‘n pot en kook tot net-net gaar.
Meng die vlapoeier, suiker en koue water in ‘n koppie tot dit opgelos het.
Voeg die vlamengsel by die wortels in die pot en roer totdat dit verdik.
Voeg water by indien jy die sous bietjie dunner wil hê.
Voeg laastens die botter by en roer deur.
Garneer met vars of droë pietersielie.
Resep en foto: Michelle Polley