Your Recipe Blog

OUTYDSE SOETKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 8 - 10 minute

OUTYDSE SOETKOEKIES

  • 250 g botter/ bak margarien, by kamertemperatuur
  • 750 ml (3 koppies) suiker
  • 5 ekstra groot eiers
  • 6 x 250 ml koekmeel
  • 30 ml bakpoeier
  • 10 ml gemaalde neutmuskaat
  • 2 ml sout
  • Ekstra om op koekie te smeer:
  • 1 eier, geklits
  • 25 ml melk
  • suiker

Verroom botter, suiker en 5 eiers saam. Sif droë bestanddele by bottermengsel en meng goed tot ‘n sagte deeg. Laat rus vir halfuur.
Voorverhit oond tot 200°C (thermofan 190°C).
Rol deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlakte.
Druk sirkels 4 – 5 cm in deursnee met koekiedrukker uit. Plaas op bakplaat.
Meng geklitse eier en melk en verf liggies oor koekies.
Strooi bietjie suiker op en bak vir 8 – 10 min.

Resep geplaas deur Aneen Ferreira
Foto: Aneen Ferreira

2 Reviews

  1. Taegan

    Die was heerlik om te maak! Maar die sout was bietjie Baie vir ons so hierdie keer maak ek dit met ‘n knippie, Baie dankie! Dit proer net soos my ouma sin

    Star
    • Hi Taegan, baie dankie vir jou terugvoer en ek is bly julle het die resep geniet. 2 ml sout op 6 koppies meel is regtig baie min, so ek vermoed iewers is dalk verkeerd afgemeet, maar pas dit aan na julle smaak, solank julle dit geniet.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page