OUTYDSE SAGOPOEDING
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk
Hierdie poeding word gemaak in ‘n lekker grootbak.
- 6 koppies melk
- 8 eetlepels suiker
- 4 eetlepels sagte botter
- 8 eetlepels sago
- 8 eiers, geskei
- knippie sout
- 5 ml lemoengeursel
- appelkooskonfyt
- 3 eetlepels suiker vir die meringue
- Kook melk, suiker en sago saam oor lae hitte, pasop vir aanbrand.
- Roer aanhoudend op stadige hitte vir 5 min met ‘n houtlepel.
- Haal af die van hitte, voeg die botter by, roer deur en laat afkoel.
- Voeg die geklitste eiergele en lemoengeursel by en meng goed.
- Skep in gesmeerde bak ongeveer 3 tot 4 liter bak.
- Bak vir 45 min by 180 ºC.
- Haal die poeding uit die oond en smeer appelkooskonfyt bo-oor.
- Klits eierwitte styf en wanneer amper styf voeg 1 eetlepel suiker op ‘n slag by terwyl jy heeltyd klits.
- Klits tot stywe punte vorm, skep bo-oor die konfyt en bak vir ongeveer nog 15 min of tot mooi bruin.
- Bedien met vla.
Category:



Wonderful