Your Recipe Blog

OUTYDSE BRUINPOEDING

Recipe by
Cook: 1 uur

OUTYDSE BRUINPOEDING

Resep en foto: Debbie Griesel

  • 6 koppies water
  • 1 ½ koppies suiker
  • 2 eetlepels gemmerpoeier
  • 2 eetlepels pypkaneelpoeier
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels koeksoda, opgelos in bietjie lou water
  • 125 g margarien
  • knippie sout
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • Meng die water, suiker, gemmer en pypkaneel in ‘n pot op die stoof.
  • Kook die stroop vir 20 minute.
  • Meng die meel, koeksoda, margarien, sout, eiers en appelkooskonfyt tot ‘n deeg.
  • Vorm die deeg om ‘n “bal” te vorm.
  • Wanneer die stroop 20 minute gekook het stel die plaat af na minimum.
  • Plaas die bal deeg in die middel van die pot stroop.
  • Plaas die deksel op en kook vir 1 uur op baie lae hitte.
  • Moenie die deksel oplig nie.
  • Na 1 uur  haal van die stoof af, verwyder die deksel en skep op.

Bedien net so of saam met vla.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page