OUTYDSE 3-BESTANDDELE GRONDBOONTJIE BOTTER KOEKIES
- 1 koppie sagte bruinsuiker (200 g)
- 1 koppie growwe grondboontjie botter (260 g)
- 1 eier
Klits die eier en suiker tot romerig. Voeg die grondboontjie botter by en meng goed.
Rol balletjies van so 2.5 cm en plaas op ‘n gespuite bakplaat. Druk die koekies effe plat.
Bak teen 180°C vir 10 – 12 minute.
Laat die koekies effe afkoel in die pan voor jy dit op ‘n afkoelrak sit.
Die koekies is baie sag as hulle warm is.
Notas:
Ek het demerara suiker gebruik, maar wit suiker sal ook werk.
Gladde grondboontjie botter sal ook werk.
Gebruik sommer die bodem van ‘n glas om die koekies plat te druk.
Ek maak sommer die resep dubbeld aan sodat die koekies vir meer as net ‘n dag of twee hou.
Foto: Wayne Dugmore