Your Recipe Blog

OUMA TILLIE SE DADELKLUITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20

OUMA TILLIE SE DADELKLUITJIES

  • Stroop:
  • 500 ml suiker
  • 1 liter water
  • 2 eetlepels gouestroop
  • ½ teelepel sout
  • Kluitjies:
  • 500 ml meel
  • 1 eetlepel koeksoda
  • ½ teelepel fyn kaneel
  • 2 eetlepels botter
  • ½ koppie fyn gekapte dadels
  • 1 koppie melk

Meng al die bestanddele vir die stroop saam.
Roer oor lae hitte tot al die suiker opgelos is. Kook dan 5 minute lank.

Kluitjies:
Meng die meel, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg dadels by. Meng goed. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.
Laat die stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop.
Verlaag die hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor) en prut vir 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie.

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page