OUMA SE KARRINGMELKPOEDING
Hierdie resep het ek mee groot geraak. Vanaf my Calvinia Ouma via Moeder na ons kinders toe.
- 2 koppies gewone melk
- 2 koppies karringmelk (500 ml)
- 2 eetlepels botter of margarien
- 4 eetlepels bruismeel óf (4 eetlepels koekmeel + 1 teelepel bakpoeier)
- knippie sout
- 1 koppie suiker
- 2 eiers, geskei
Room botter en suiker saam.
Voeg eiergele by.
Voeg meel, melk en karringmelk by. (gebruik sommer die karringmelk bottel vir die melk)
Klop eierwitte styf en vou in.
Bak 30 – 40 minute teen 180°C.
Laat afkoel vir 30 minute sodat dit kan stol/styf raak.
Resep en foto: Annelie Kruger