Your Recipe Blog

OUMA MARIE SE GEMMERKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 4 kg koekies

OUMA MARIE SE GEMMERKOEKIES

Ouma Marie Jones se Gemmerkoekies. Meet en weeg reg af, dan is die resultaat perfek.

  • 900 g gouestroop
  • 30 ml koeksoda
  • 900 g suiker
  • 2 geklitste eiers
  • 900 g botter in blokkies
  • 1912g koekmeel (ongeveer 12 koppies, maar weeg af vir goeie resultate)
  • sout
  • 60 ml fyn gemmer
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen, BAIE fyn gerasper, opsioneel, ek gebruik ‘n “microplane”

Sif die meel, gemmer en sout saam. Voeg die skil by en meng deur. Hou eenkant.
Verhit die stroop oor lae hitte tot borrels. Voeg die koeksoda by en roer. Dit sal opbruis, gebruik dus ‘n groot pot. Voeg die botter en suiker by en roer tot gesmelt. Hou die mengsel lou. Dit moet nie te warm word nie.
Meng die stroopmengsel met die eier terwyl jy heeltyd roer.
Meng die stroopmengsel met die meelmengsel en meng goed deur.
Maak balletjies. So 20 g tot 22 g elk.
Druk net ‘n duikie bo-op op soos jy dit op die bakplate pak.
Bak by 180°C vir 15 minute.

Nota:
Die koekie is sag as dit klaar gebak is. Lig dit dus versigtig van die plate af op jou bakdoek en laat plat lê as dit afkoel.
Lewer 4 kg koekies.

Resep en foto:  Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5