Your Recipe Blog

OUMA LETTIE SE BOONTJIESOP

OUMA LETTIE SE BOONTJIESOP

  • 1 kg Lion gedroogte boontjies
  • ½ kg varkspek
  • soveel beesvleis soos wat jy verkies
  • 1 kg sopbene
  • 2 groot uie, geskil en fyn gesny
  • 500 g macaroni stukkies
  • 2 blikke tamatiepasta
  • sout en peper
  • 2 “mutton” vleis ektrakblokkies

Oornag boontjies in water. Volgende dag, plaas uie, boontjies,  peper en ‘n blik tamatiepasta in stoompot, en kook boontjies sag, in my stoompot vat dit 40 min tot sag.
Skep ek dit oor in ‘n  grootpot op die stoof en voeg 3 liter warmwater by, bring tot prut en draai hitte af na so 2 of 3 en laat rustig kook.
Plaas die sopbene, varkspek, beesvleis in die stoompot en voeg so 2 koppies water en sout en peper by, kook vir 45 min in stoompot.
Intussen voeg die macaroni by die boontjies saam met die 2de blik tamatiepasta en die mutton ektrakblokkies en kook goed deur, roer kort kort sodat die macaroni nie vasbrand nie.
Wanneer die vleis gaar en sag is, voeg alles bymekaar, sit die plaat op 1 vir 30 min, roer kort kort sodat dit nie vasbrand nie… indien die sop te dik is na jou smaak, kan jy nog water byvoeg om dit te verdun.

Nota:
Partykeer druk ek die boontjies ‘n bietjie fyn, maar nie vandag nie.

Foto en resep deur Koos en Wilmien van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page