Your Recipe Blog

OUMA HESSIE SE GEBAKTE GRANADILLA NAGEREG

OUMA HESSIE SE GEBAKTE GRANADILLA NAGEREG

My Granadilla nagereg! Baie bekommerd gewees dat dit nog nie gaar is tot ek gelees het dit skei, deeg bo, en ‘n heerlike sous onder! Ek het net die beslag dubbel gemaak, want ek het gedink dit sal te min wees! Oe!! Dit smaak hemels! Veral die vlasousie! Ek sal dit weer bak.
Hier het jy ‘n lekker diep oondbak nodig.

  • 12 granadillas (vars of 2 blikkies granadilla moes)
  • 1½ koppie suiker
  • 3 eetlepels botter
  • ¾ koppie koekmeel
  • 4 eiers
  • 2 koppies melk

Klits die suiker en botter saam tot room. Voeg die koekmeel stadig by. Klits die eiergele goed en voeg die granadillasap en pitte by. Kits dit saam en voeg dit by die eerste mengsel en roer goed deur.
Roer die melk by en voeg dan die styfgeklitste eierwitte in.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. (28 x 23 x 8 cm diep)
Plaas die bak in ‘n pannetjie met warm water en bak dit vir 1½ uur in ‘n matige oond.
Die deeg skei in twee lae sodat dit ‘n laag soos die kors van koek bo-op ‘n laag gebakte vla vorm. Bedien warm met vla.

Resep geplaas deur Rista Grobbelaar
Foto’s:  Rista Grobbelaar
3de foto:  Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page