Your Recipe Blog

OREO SWISS ROLL

OREO SWISS ROLL

  • 4 eiers, geskei
  • 1 eier, nie geskei
  • 100 g koekmeel
  • 10 g Maizena
  • 1 eetlepel kakaopoeier
  • ⅛ teelepel sout
  • 20 g strooisuiker
  • 80 g strooisuiker
  • 60 g olie
  • 60 ml melk
  • 2 eetlepels warm water
  • VULSEL:
  • 250 ml room
  • 3 – 4 eetlepels versiersuiker
  • ½ boks Oreo koekies, fyn gerol

Klits saam in bak olie, melk, sout en 20 g strooisuiker.
Sif meel en maizena in die olie/melk mengsel. Klits tot mooi gemeng, dit sal stywerig wees.
Voeg die 4 eiergele en een eier by deeg mengsel, klits deur.
In aparte bakkie meng kakaopoeier en warm water tot glad en geen klonte.

Klits die 4 eierwitte tot skuimerig, voeg 80 g strooisuiker in 3 sarsies by eierwitte.
Klits goed tussen-in totdat dit sagte maar stywe punte vorm.
Meng/vou in ⅓ van styf geklitste eierwitte goed in by deegmengsel.
Voeg res van eierwit by deeg-mengsel en meng goed deur.

Skep 200 g van deegmengsel uit in aparte bak en meng die kakao vloeistof by.
Sit bak papier in bakplaat van so 25 x 37 cm en gooi die witmengsel eerste in en maak gelyk.
Gooi nou versigtig die kakaomengsel bo-oor en vee gelyk.
Maak patrone deur die deeg met ‘n mes en stamp bakplaat 2 keer op tafel.
Bak by 140°C vir 20 min, daarna by 180°C vir 10 min en dan by 160°C vir 10 min.

Keer dit uit op bakpapier wat bo-op klam vadoek lê.
Rol dit op en hou in klam vadoek tot afgekoel.
Klits room tot amper styf en gooi by gesifte versiersuiker en hou aan klits tot styf.
Rol koek oop.
Smeer room aan binnekant en sprinkel fyn Oreo koekies oor.
Rol koek weer op en sny beide kante gelyk af.
Laat staan so 30 min en geniet.

Nota:
Kan ander vullings van jou keuse ook gebruik.

Aangepaste resep en foto: Frances Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page