OREO SJOKOLADETERT
- 300 g Oreo koekies, fyngemaak
- 150 g gesmelte botter
- 400 g donker sjokolade
- 150 ml dik room
Maak koekies fyn en meng die botter by.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde pan vas en verkoel vir 20 min.
Plaas die sjokolade en room in mikrogolf bak en mikrogolf 20 sekondes op ‘n slag tot sag.
Giet die sjokolade oor die kors en breek nog Oreo koekies binne in die sjokolade laag in.
Laat rus vir 4 ure of oornag!
Foto en resep: Ronel Snyman