OORSKIET RYS MET SPEK EN RUSSIANS
‘n Vinnige aandete vir ons gemaak.
- 1 ui, fyn opgesny
- 4 repies spek, fyn gesnipper
- 1 Russian, in ringe gesny
- Voeg by:
- 3 – 4 murgpampoentjies in ringetjies
- 1 blikkie Four Bean Mix
- gaar rys genoeg vir 2 persone
Braai die ui, spek en Russian stadig in ‘n pan met ‘n lepel olie.
Meng die gaar rys (ongeveer vir 2 persone) by. Sny die murgpampoentjies in ringe en voeg by.
Dreineer die blikkie Four Bean Mix, maar hou die “brine” (vloeistof) apart en voeg die bone by.
Voeg nou van die “brine” by. Die hoeveelheid hang af hoe nat of droog jy jou eenskottel gereg wil hê. Ek het ongeveer die helfte van die vloeistof gebruik.
Sout en peper as jy verkies.
Persoonlik was die gereg vir my sout genoeg met die spek en russian.
Resep en foto: Hannie Steyn