OORSKIET KAPOKAARTAPPEL MUFFINS
- 2 eiers
- 100 ml suurroom
- 250 ml Chedder kaas, gerasper
- 250 ml ham, gerasper (of enige fyn vleis/gaar groente)
- 60 ml sprietuie, fyn gekerf
- 750 ml oorskiet kapokaartappels
- sout, peper en Italian herbs, na smaak
Voorverhit oond tot 200°C.
Klits eiers en suurrom saam tot lig.
Voeg res van bestanddele by en roer goed deur.
Skep die mengsel in voorbereide muffin/kolwyntjie pannetjie.
Bak vir 20 – 40 min (hangaf van pan groote) tot goud bruin.
Laat afkoel en verwyder uit pannetjie.
Nota:
Ek sal sê op die kolwyntjie groote sal mens so 12 uitkry… Muffin seker so 8.
Heerlike vir ‘n kosblik.
Resep en foto: Suenell Liebenberg