Your Recipe Blog

OORNAG PICALILLY

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 12 - 15 potjies

OORNAG PICALILLY

  • Vir die pekel:
  • 2 liter koue water
  • 100 g sout
  • Was en kap die volgende groente in klein stukkies: 
  • 2 kg  in totaal – gerkins, wortels, murgpampoentjies, komkommers, blomkool in stukkies gebreek en 2 groot uie

Onthou jy smeer die picalilly op ‘n broodjie en moet dit lekker kan hap.
Week die groente in die pekel oornag vir ± 12 ure. Dreineer goed volgende oggend.

  • Vir die sous:
  • 1.5 liter asyn
  • 750 g suiker
  • 30 g koekmeel
  • 30 ml fyn gemmer
  • 30 ml mosterd poeier (Colemans hot English mustard)
  • 30 ml borrie (tumeric)
  • 30 ml kerriepoeier matig
  • 150 ml appelkooskonfyt
  • bietjie sout
  • bietjie swart peper, na smaak

Meng al die sous bestanddele in die pot bymekaar en bring tot kookpunt.
Indien die sous is te dun is, los 120 ml Maizena in bietjie water op en voeg by.
Jy sal weet hoe dik jy sousie wil hê.
Proe eers of die sous na jou smaak is. As dit te suur is gooi suiker by tot jy daarvan hou.
Sit nou die groente by en kook vir ± 10 min of tot groente sag is.
Ek het my groente gekook dat dit nog ‘n crunch het. Roer dat dit nie brand nie.
Skep warm picalilly in vooraf gesteriliseerde bottels. Seël terwyl warm.

Foto en resep: Marié Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page