Your Recipe Blog

OORNAG GEMMERBIER

Prep: 24 Uur | | Servings: ± 10 liter

OORNAG GEMMERBIER

My man maak liters en liters van hierdie gemmerbier.
  • 2 koppies suiker
  • 1 botteltjie gemmer Drink-o-Pop
  • 10 liter louwarm water
  • 1 x 20 g pakkie brouersgis

Meng die suiker, Drink-o-Pop en water en strooi die gis bo-oor.
Laat staan die mengsel vir 24 uur en vul dan skoon, leë 2 liter plastiese bottels. (nie tot bo nie)
Draai die bottels se proppe styf op en wag totdat die bottels nie meer induik wanneer dit met die vinger gedruk word nie.
Plaas die bottels in die yskas om te verkoel en verdere gisting te verhoed.

Nota:

Moenie die bottels tot heelbo vul nie, los ruimte vir bier om te gis.

Resep en foto:  Adel Marais Kuit

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page