Your Recipe Blog

OOP BRAAIBROODROLLETJIE IDEES

OOP BRAAIBROODROLLETJIE IDEES

Braai broodjies biekie anders in oond gegrill saam met rump steak. Die bun broodjies is so heerlik saam met ‘n braai.

Sny broodrolletjies in helftes deur.
Rasper baie kaas oor altwee kante van die rolletjie.
Sny uie in blokkies  en meng met baie mayonnaise, smeer dik op die halwe rolletjies.
Rooster in oond tot bruin.
Dis so romerig en heerlik.  Lekker eet.
Nota:
Ek het ook al sampioene en “bacon bits” wat krakerig gebraai is, op gesit.
Resep en foto: Fredrika Scholtz

Mariolise Visagie se:
Ek maak myne met knoffel in plaas van die uie. Beste knoffel braaibroodjies ooit.

Sharon Koen se:
Ons maak soms aandete sit salami op, meng mayonnaise en blatjang, smeer op en dan kaas.

Lisa Benson se:
Ons meng mayonnaise, kondensmelk met baie kaas op ‘n rolletjie in die oond.
Dis heerlik saam braaivleis.

Adrie de Waal se:
Dis baie lekker as jy gerookte mossels by insit. Ek doen dit party keer wanneer ek brood het wat nie meer lekker sag en vars is.

Lizette Erasmus se:
My vriende gebuik “hotdog buns” wat hul vul met die mengsel en voeg knoffel en kondensmelk by voor hy gerooster word in die oond. Heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page