OONDGEROOSTERDE GROENTE
“Liezl het vir haar en vroulief dié groente vergadering gemaak in die oond. Hulle sê dit was baaaaie lekker.”
- patatblokkies, na smaak
- uie repies, na smaak
- groen soetrissies stukkies (“peppers”), na smaak
- beetblokkies, na smaak en vooraf gekook
- wortelsblokkies of baba wortels, na smaak en vooraf gekook
- botterskorsieblokkies (butternut), na smaak en vooraf gekook
- olyfolie
- 1 eetlepel sout
- 1 teelepel vars gemaalde swartpeper
Voorverhit oond tot 140 °C.
Plaas al die groente in ‘n oondpan so oop verspreid in pan as moontlik.
Besprinkel met olyfolie, sout en gemaalde swartpeper.
Bak vir een uur tot mooi sag en gaar.
Resep en foto: Gideon en Liezl Louw