OONDGEBRAAIDE VARKBLAD
- 2 kg varkblad
- 1 knorr groente “stock pot” aangemaak met 1 koffiebeker kookwater (dus groter as ‘n koppie)
- sout en witpeper na smaak
Ek verkies om die varkblad in ‘n klei kaserol gaar te maak.
Dit werk net BAIE beter as vlekvrye staal en aluminium kaserols.
‘n Gietyster kaserol werk net so goed.
Voorverhit oond teen 170°C.
Plaas varkblad in die kaserol.
Maak gekonsentreerde groenteaftreksel aan in die beker kookwater en voeg by in die kaserol.
Lig varkblad effens op met die hand sodat aftreksel ook onder die varkblad kan inkom.
Sprinkel genoeg sout en peper oor die varkblad.
Plaas kaserol in oond vir 3 ½ ure in oond.
Skakel oond af en laat kaserol in oond afkoel.
Plaas kaserol sonder die deksel onder die oond se “grill”, maar nie te naby.
Rooster die vel/spek teen ‘n medium tempo, nie te vinnig.
Die vel moet ligbruin word en nie te donker.
Die vleis behoort pragtig los te kom van die bladbeen.
Nota:
Ek probeer nie die blad sny om op te dien nie aangesien dit baie sag is.
Neem eerder twee langtand tafelvurke om porsies vanaf af te trek vanaf die blad en bedien langs die basmatie rys.
Skep van die vleissous oor die rys en vleis.
Mmmmmmm djeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw