Your Recipe Blog

OONDGEBAKTE VARKTJOPS EN AARTAPPELS

Recipe by
55 minutes
Cook: 40 - 45 minutes | Servings: 4

OONDGEBAKTE VARKTJOPS EN AARTAPPELS

Op ‘n weeksaand wil ek net ‘n paar goed op een slag in ‘n oond sit.

  • 4 varktjops
  • 2 aartappels (vooraf gekook in die mikrogolf vir 6 minute)
  • Sous:
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 4 eetlepels Worcestershire sous
  • 1 eetlepel druiwe-asyn
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 2 teelepels suiker
  • 2 teelepels knoffel
  • 1 klein fyngekapte ui

Voorverhit jou oond. 180 ºC.
Meng die bestanddele vir die sous saam en marineer die tjops daarin. Letterlik net vir 5 minute of so.
Sny die aartappel in blokkies (ek sny ‘n groterige aartappel in 8 dele).
In ‘n oondbak, pak die aartappels rondom die buitekant (sien foto 2) met die tjoppies in die middel.
Bak vir 20 minute. Draai die tjops om en smeer met enige sous wat jy oorhet.
Bak vir 15 minute.
Stel jou oond op die roosterelement en verbruin die tjops en aartappels vir so 5 minute sodat die sous karameliseer.

Nota:
Ek het dit met rys (Tastic se Moroccan rys) en babawortels bedien.

Foto en resep: Zita Harber

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page