OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES
Ek het vir ons varkstertjies in die oond gebak vir ‘n voorgereggie en dit was djeeeerlik.
- ‘n paar ontvelde varkstertjies
- 1 medium ui, gekerf
- 1 eetlepel blatjang
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 eetlepel eetlepel “sweet chillie” sous
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel witpeper
- 1 eetlepel heuning
- 1 teelepel sojasous
- 1 eetlepel dijon mosterd
- ½ teelepel rissie vlokkies
Plaas al die bestanddele in ‘n oondvaste bak en pak die stertjies in die sous.
Bedek met foelie en bak in die oond vir 3 tot 4 ure teen 180 ºC.
Haal foelie af en rooster ‘n paar minute en geniet hmmmmm!
Ons het dit saam met oondgeroosterde rolletjies en slaai geniet.
Sny die rolletjies in wieletjies, smeer met botter en kruie van jou keuse en rooster in die oond tot lekker bros en warm.
Foto en resep: Gideon Louw