OONDGEBAKTE KOOL MET ‘n KRUIEROOMSOUS
-
½ medium kopkool, in groot skywe (wedges) gesny
-
3 eetlepels olyfolie
-
sout en peper
-
2 eetlepels botter
-
½ ui, gekap
-
2 teelepels droë tarragon (dragon) of tiemie
-
1 eetlepel Dijon mosterd
-
1 eetlepel korrel mosterd
-
1 koppie room
-
¾ koppie gerasperde kaas
Pak die skywe kool in ‘n oondbak.
Sprinkel die olyfolie, sout en peper bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond van 200ºC vir 30 minute.
Terwyl die kool bak, maak die sous:
Braai die ui in die botter tot deurskynend, en voeg die tarragon/tiemie, mosterd en room by.
Prut oor ‘n medium hitte vir 10 minute tot effens verdik.
Skep die sous bo-oor die gebakte kool, sprinkel die kaas bo-oor en bak nog 15 – 20 minute.
Resep en foto: Ilze Jabobs